LUCKY DAY!
YOURS. OR MINE.
LYRICS, ANYONE?
My latest was the original lyrics for Our Heritage, the song recorded by Die Heuwels Fantasties, Soweto Gospel choir, HHP and JR for the Heritage Day Braai project. You can download the song and find out more about the project at Braai 4 Heritage.
If you're looking for lyrics, let me know the style and topic you have in mind.
LIEDJIES TE KOOP
Hier is vyf nuwes liedjies wat nog nêrens opgeneem of gespeel is nie. Laat weet as jy ’n kunstenaar of musiekbaas is wat van hulle wil gebruik en ek stuur jou die volle demo.
Onthou, dis tuisgemaakte demo's deur ’n amateur met ’n MIDI-bord en GarageBand en boonop een wat eintlik net in 'n klankdigte stort behoort te sing. Gebruik jou verbeelding.
KLIEK EN LUISTER
Eendag op 'n reëndag
Haar foto gaan nou drom toe, haar e-pos word gepen.
Ek skrap al die nommers van mense wat haar ken.
Wil nie eintlik eet nie, drink baie tee.
As iemand wil kom kuier, sê ek dadelik nee.
Maar voordat jy besluit ek is 'n regte pyn,
Hier is die storie in 'n kort refrein:
Koor
Eendag op 'n reëndag het ek haar gesien.
Dit was in 'n koffieplek - sy het my bedien.
Eendag op 'n reëndag het ek haar gevra
Sal sy met my uitgaan en toe sê sy ja.
Na 'n bietjie sonskyn was dit al's verby.
Sy het net besluit Sy is verveeld met my.
Ek is 'n bleeksiel - wat kan ek sê?
'n Rekenaar en internet is al wat ek wil hê.
Vrydae kyk ek DVD's, Saterdae die sport.
Sondae sit en wonder ek wat van my gaan word.
Maandae is dit weer werk toe, waar ek my verveel.
Stapels dokumente, my beskeie deel.
Koor
Die breker het sy spiere, die makelaar het geld.
Die sanger het sy kollig, die sportman is 'n held.
Dan is daar die gladdebek, hy kan haar laat lag.
Die koeles vat haar klub toe en sy dans die hele nag.
Almal soek na liefde, almal soek 'n maat.
Waar is die meisie wat my taal kan praat?
Koor
Dans
Ek is te oud vir disko.
Ek is te styf vir rave.
Ek is te stram vir tango,
Of 'n Mexican wave.
Maar so kan ek nie sit nie.
Enigiets, net nie dit nie.
Ek voel 'n riff in my are klop,
Ek voel 'n trom in my voete skop
En ek...
Koor
Dans...
Spring op die bank, stamp teen die mure.
Dans...
Kry weer lewe, te hel met die bure.
Dans...
Dans tot ek hyg, dans vir ure.
Dans, dans, dans, dans, dans...
Ek is te jonk vir winter
met wyn en 'n boek.
Ek voel te stupid vir 'n kunsfliek
Ek dryf myself in 'n hoek.
En so kan ek nie sit nie.
Enigiets, net nie dit nie.
Ek voel 'n riff in my are klop
Ek voel 'n trom in my voete skop
Koor
Eko, eko
Eendag of gister, enige plek
in 'n wildreservaat teen 'n koppie se nek
Sit 'n luiperd en kreun op 'n tak in 'n boom.
Die vorige nag is 'n aaklige droom.
Bo hom is 'n slang, opgekrul in 'n mik
Met 'n muis in sy keel wat hom hard laat hik.
Die luiperd breek wind en die slang sê sis,
Jou asem stink weer na dassiepis.
Eet my, grom die luiperd. Pik my, sê die slang.
Albei is te voos om die grap te vang.
Refrein
Eko, eko (flora en fauna)
Eko, eko (lapa en suana)
Eko, eko (hokaai, aikona)
Eko, eko (bly in die boma)
Net toe steek 'n SUV vierspore vas.
Die slang gee een kyk en besluit hy verkas.
Arms en bene val uit by die deure
rooigesig, deurgesit, slegte humeure.
Ek sien dan niks, sê die seun en hy sug.
Die pa trap skeef en iets klap in sy rug.
Die dogter se selfoon is dood soos 'n mossie
Sy kry nie 'n sein nie en skop na 'n bossie.
Daar is die kamp, gil die ma en sy wys.
Van hier lyk die lodge soos 'n wit paradys.
Refrein
Nog 'n minuut en die klomp vat die pad.
Op soek na 'n TV, 'n bier en 'n bad.
Heeldag gery vir 'n vet tarentaal.
Daarvoor moes hulle so baie betaal.
Dis 'n komplot, krys 'n knorrige kraai
Wat bo die boom in die winterson draai.
Ons is die victims van ekotoerisme,
Reserved for nature, groen kapitalisme.
Hy skrik toe die luiperd hier onder hom sê:
Ek wonder net wat wil hulle hê?
Refrein
Vanaand ('n luisterlied)
Vanaand is ek baie lus vir mense.
Ek wil gesels tot die rooidag breek.
Vanaand klop my hart weer na wense.
Maar ek's alleen na 'n donker week.
Koor
Hier sit ek - my hare lyk soos toue.
Die brood is op en die rooiwyn ook.
Hier sit ek - al sestien jaar verkoue.
En as ek nog 'n Consulate moet rook,
Dan gaan ek hoes, totdat ek blou is.
Dan gaan ek hoes, tot ek bly lê.
Dan gaan ek hoes, totdat ek sterwe.
En wat sal jy dan sê?
Vanaand is die eerste aand van lente.
Ek kan net hoop die koue is verby.
Maar nou val die reën weer met rente.
Is dit 'n front, of reën dit net op my?
Koor
Site built and maintained by Pieter van der Lugt, a freelance writer based in Cape Town. He's available for work in Afrikaans or English and his specialist fields are entertainment, pop culture and literature. See