Pieter van der Lugt is a freelance writer based in Cape Town. He's available for work in Afrikaans or English and his specialist fields are entertainment, pop culture and literature. See about me for a full CV and contact details.

LUCKY DAY!

YOURS. OR MINE.

Division House

Division House Some people like to lose themselves in a remote landscape when they go on holiday, but Japanese architects Makoto Takei and Chie Nabeshima felt a little lost when they landed in a forest where they were to build a getaway for a Tokyo couple. “The endlessness of the forest and the lack of any signposts upset our sense of direction,” Chie told Wallpaper* magazine. “Only the slightly sloping ground told us we were at the foot of the Yatsugatake mountains.”
  They designed a wooden house which looks like a set of cubes with large glass walls, all directing the eyes towards specific views like a pond and the road leading to the spot. It might all sound rather academic but the work of Takei-Nabeshima-Architects (TNA) is as romantic and idealistic as you could hope for in modern design. Take a look at their website for more.

Read more about the Division House at Wallpaper*.  Download some free wallpapers.

tv-rubriek

Expedition ImpossibleDaar is baie redes om na werklikheidsreekse te kyk (omtrent net soveel as om nié te kyk nie). Een van die lekkerste is seker om te sien hoe mense met 'n gruwelike wanbeeld van hulself op hul herrie kry.
  Soos New Yorkers, wat mos dink hulle is die taaiste mense onder die son. Daar is 'n paar van hulle in dié week se nuweling, Expedition Impossible, waarin dertien spanne regoor Marokko resies jaag. Een van dié brekers sê op 'n kol: “If we can make it in New York, we can make it out here in the Sahara.” Toe nie, soos jy sal sien.
  Bygesê, dis op die oog af nie 'n kompetisie vir sissies nie. Met die oudisies moes kandidate wys hulle kan (diep asem): perdry, 'n boot regop keer as hy omslaan, kompas lees en abseil doen. Natuurlik moet hulle ook nie bang wees vir hitte, ysige koue, dors en giftige goggas nie. Daar word baie geval, water gesluk, enkels verdraai, gestry en opgegooi (darem nie voor die kamera nie).
  Die spanne van drie moet raaisels oplos terwyl hulle oor woestyne, sneeubedekte berge en deur riviere resies jaag. Daar is tien skofte. Hulle begin in Merzouga, 'n stowwerige dorpie waarheen die avontuurlike soort gaan om kameelritte te doen en 'n toeristevriendelike weergawe van die Berbers se tradisionele leefwyse te bekyk. Die kompetisie se roete van 3 200 km sluit 'n skof in die Sahara en 'n stappie oor die Atlasgebergte in.
  Episode een begin met 'n stappie oor 'n hoë sandduin na 'n kameelbuitepos. Kies drie kamele en ry tot jou boude voos is - as jy nie vooraf sand koop nie. Soek water soos die plaaslike Berbers dit doen. Stap na die voet van die Todra-canyon en abseil daar meer as 90 meter teen die kranse af.
  Dan is dit onvermydelik tyd vir 'n bietjie sosiale verkeer met slangbesweerders en hul wriemelende vriende. Einde van episode een. Is die New Yorkers nog hier? En wat dink die Berbers van dit alles? Een van hulle kyk hoe drie vriendinne mekaar tussen die duine verskree en mompel: “Ek sal nooit met so een trou nie…”
  Dié reeks is bedink deur die supervervaardiger Mark Burnett wat al met Survivor, Shark Tank, The Apprentice en'n tros ander die dollars laat inrol het. Die man is geniaal. Hy kry dit reg om oor en oor dieselfde resep met 'n ander sousie aan miljoene kykers te verkoop en al raak die prysgeld kleiner, sukkel hy nie om deelnemers te kry nie. Expedition Impossible se wenspan maak hul Marokkaanse nagmerrie deur vir 'n relatief beskeie $50 000 en 'n nuwe kar elk.
  Die hele ding is dalk te veel soos The Amazing Race, wat nié een van Mark se treffers is nie. Maar daar is altyd rede om te kyk, al is dit ook net om te sien hoe hardgebakte New Yorkers se houding soos sweet in die Sahara verdamp.

Expedition Impossible, Dinsdae om 18:00 op M-Net

LIEDJIES TE KOOP!

Hier is vyf nuwes liedjies wat nog nêrens opgeneem of gespeel is nie. Laat weet as jy ’n kunstenaar of musiekbaas is wat van hulle wil gebruik en ek stuur jou die volle demo. Jy kan ook die lirieke gaan bekyk.
  As jy dalk wonder, ek is die ou wat Voëlvry geskryf en gesing en die lirieke vir Our Heritage (kyk die video) deur Die Heuwels Fantasties, die Soweto Gospel Choir, HHP en JR geskryf het. Laurika Rauch se liedjie Nuwe Aarde op die album Die Gang is ook een van myne. Meer onlangs het ek vir Pick N Pay se webtuiste ’n stukkie agtergrondmusiek geskryf en opgeneem wat hulle vir aanlyn-video's gebruik.

 
This text will be replaced by the flash music player.