Pieter van der Lugt is a freelance writer based in Cape Town. He's available for work in Afrikaans or English and his specialist fields are entertainment, pop culture and literature. See about me for a full CV and contact details.

LUCKY DAY!

YOURS. OR MINE.

Division House

Division House Some people like to lose themselves in a remote landscape when they go on holiday, but Japanese architects Makoto Takei and Chie Nabeshima felt a little lost when they landed in a forest where they were to build a getaway for a Tokyo couple. “The endlessness of the forest and the lack of any signposts upset our sense of direction,” Chie told Wallpaper* magazine. “Only the slightly sloping ground told us we were at the foot of the Yatsugatake mountains.”
  They designed a wooden house which looks like a set of cubes with large glass walls, all directing the eyes towards specific views like a pond and the road leading to the spot. It might all sound rather academic but the work of Takei-Nabeshima-Architects (TNA) is as romantic and idealistic as you could hope for in modern design. Take a look at their website for more.

Read more about the Division House at Wallpaper*.  Download some free wallpapers.

tv-rubriek

Terra NovaHier is weer een van daardie superreekse wat veronderstel is om jou asem weg te slaan, jou hart vinniger te laat klop, jou verbeelding op loop te jaag en jou basies elke metaforiese ding in die woordeboek aan te doen.
  Dit het twee jaar en miljoene gekos om Terra Nova reeks te maak. Die realistiese dele is meestal in Australië verfilm, waar die 250 spesiaal geboue stelle knaend deur stormreëns beskadig is. Net die loodsepisode het die span 26 dae besig gehou. Agterna was daar nóg 'n vet rekening vir die klomp rekenaaranimasie. Die reeks het twaalf vervaardigers wat almal TV-veterane is. En die hoof-vervaardiger is 'n ou met die naam Steven Spielberg.
  Jason O'Mara, wat jy sal onthou vir sy ouskoolse sjarme in Life on Mars, is die pa van die gesin op wie die verhaal fokus. Die res van die akteurs is nie juis kassie-ikone nie, maar almal lyk goed en niemand speel hondsleg nie.
  Die storie loop so. Dis die jaar 2149 en die aarde is in 'n intergalaktiese rampgebied. Byna al die plante en diere het uitgesterf en die oorblywende mense woon in 'n futuristiese Chicago wat nou Hope City genoem word. Niks kan gedoen word om die aarde te red nie, maar wetenskaplikes het 'n skeur in tyd ontdek waardeur jy na 'n ouer weergawe van die aarde kan stap. Nou word mense in 'n lotery gekies om op die ander aarde te gaan woon. Die pad soontoe is 'n sprong deur 'n poort wat baie soos die een in Stargate lyk. Die vangplek? Terra Nova is die aarde van 85 miljoen jaar gelede en nog so vars en nuut dat jy die dinosourusmis kan ruik. Dis soos 'n omgekeerde Jurassic Park, met die mense wat in 'n reservaat agter hoë heinings woon.
  Die gewese dwelmspeurder Jim Shannon word gearresteer en tronk toe gestuur omdat die polisie ontdek hy het drie kinders. Dis een meer as wat die wet toelaat. In die tronk hoor hy sy vrou, 'n begaafde chirurg, is spesiaal gekies om Terra Nova te gaan. Sy mag twee kinders saamneem, maar nie die onwettige kleintjie nie. Jim reken sy moet gaan, want dis 'n kans op 'n beter toekoms. Hy bedink 'n plan om te ontsnap en sy jongste ook deur die poort te kry.
  Enige probleme? Wel. Ten spyte van die tierlantyntjies en kinkels is Terra Nova basies 'n grensposavontuur. Goed, daar is 'n groepie wat weggebreek het om hul eie ding te doen, daar is 'n vleisvretende dino agter elke klip en Jim se jongste dogter is die sleutel tot 'n geheim wat alles kan beduiwel.
  Dis nie aldag dat dialoog 'n aksierige verhaal bederf nie, maar hier bestaan die gevaar. Praat van “corny”, “cheesy”, cliché, geyk of wat jy dit ook al by die huis noem. Maar nou ja, Terra Nova is 'n dol avontuur wat goed sal lyk op jou nuwe platskerm-TV en die gesin uit die kwaad sal hou. Gee aan die springmielies.

Terra Nova, Woensdae om 20:30 op M-Net

LIEDJIES TE KOOP!

Hier is vyf nuwes liedjies wat nog nêrens opgeneem of gespeel is nie. Laat weet as jy ’n kunstenaar of musiekbaas is wat van hulle wil gebruik en ek stuur jou die volle demo. Jy kan ook die lirieke gaan bekyk.
  As jy dalk wonder, ek is die ou wat Voëlvry geskryf en gesing en die lirieke vir Our Heritage (kyk die video) deur Die Heuwels Fantasties, die Soweto Gospel Choir, HHP en JR geskryf het. Laurika Rauch se liedjie Nuwe Aarde op die album Die Gang is ook een van myne. Meer onlangs het ek vir Pick N Pay se webtuiste ’n stukkie agtergrondmusiek geskryf en opgeneem wat hulle vir aanlyn-video's gebruik.

 
This text will be replaced by the flash music player.